4
2
Dewetsdorp, Dewetsdorp
R 3 700 000
Daar kom 13 weidingskampe voor en elke kamp word van water voorsien.
Die drade is in ‘n goeie toestand en geen aangeplante weiding kom voor nie.
13 Boorgate waarvan 1 toegerus is met Windpomp, 1 sonpomp, 3 dompelpompe en 3 monopompe.
Geen ingeslyste besproeiing kom voor nie.
1 Sementdam, 1 Sinkdam kom voor.
Daar is ‘n ruim siersteen 4 Slaapkamerhuis met 2 badkamers, 1 studeerkamer, eetkamer, sitkamer, ruim plaaskombuis met 'n spens en opwas en area, vleiskamer met koelkamer, melkkamer en wasgoedkamer.
Daar is ‘n 2de woonhuis ook op die plaas. Dit is ‘n voorafvervaardige huis.
Dit is ‘n 2 slaapkamerhuis met 1 badkamer, kombuis, sitkamer, eetkamer, oopplan kombuis / leefarea en spens.
Daar kom ‘n ou huis ook voor, dit is ‘n bouvallige huis en word tans gebruik as ‘n stoor.
Daar kom 1 sinkstoor van 200 vierkante meter voor.
2 werkershuise met krag en water.
Drukgange en laaibanke vir skaap en bees kom voor.
1 Eskompunt – 25 KVA.
500 mm Reenval per jaar
1 GVE op 8 Ha.
Die is ‘n mooi plaas waar vleiweiding voorkom met vlaktes en min rantevlaktes. Rooigrasweiding.
Die beeste kan apart bekoop word.
Prys: R 3, 7 miljoen BTW uitgesluit.