Ruim woonstel op woonerf in gesogte en stil deel van Waverley
Baie ruim eenslaapkamer woonstel met n privaat tuintjie te huur in n baie gewilde en rustige area van Waverley. Die eenheid bied aan u n baie groot leefarea, kombuis en badkamer. Veilige parkering op die erf ook beskikbaar vir een voertuig. Krag, water en wifi ingesluit in die huur. Een klein troeteldier toelaatbaar met toestemming van die eienaar. Ideaal vir die ouer, werkende persoon. Kontak gerus om na hierdie eenheid te gaan kyk.
Deposito betaalbaar bereken in lyn met jou ITC / Experian telling - ITC / Experian telling hoër as 630 deposito sal R6 400 wees, ITC / Experian telling tussen 611 en 630 deposito sal R9 600 wees, ITC / Experian telling onder 610 sal nie as huurder beskou word nie. Bel vandag nog.