Pragtige aftree woning is te koop in Die Oog Aftree-Landgoed Oord.
Hierdie gerieflike huis is Privaat en 'n lushof om na huis toe tegaan. Gerieflik en maklik onderhoubaar.
Die huis bied ‘n groot oop plan sitkamer met plek vir eetkamer en vloei na die kombuis toe. Die kombuis het baie ingeboude kaste met graniet blaaie, dubbel wasbak en plek vir twee elektriese toebehore en yskas en twee plaat elektriese stoof.
Die hoofslaapkamer is ruim met ingeboude kaste. Die tweede slaapkamer vat gerieflik ’n dubbel bed met ook ingboude kaste. Daar is een badkamer met ’n stort, toilet en wasbak.
Uit die leef area is daar ’n ingboude kas vir meer stoor plek. Daar is trappe wat opgaan na ’n baie ruim "loft" wat ideaal is vir ’n gaste kamer of studeer kamer of ’n lekker “hobby” vertrek of net
ekstra stoor plek.
Uit die sitkamer is daar ’n skuifdeur na die lapa en ingboude braai area wat uitvloei na die klein tuintjie.
Daar is ’n afdak vir een motor.
Die Oog aftree-landgoed is 'n unieke aktiewe leefstyl blyplek vir mense wat nie kans sien vir 'n tradisionele aftree-oord nie. Met sy natuurlike Bosveldomgewing, warm klimaat en wye verskeidenheid fasiliteite is Die Oog die ideale plek om af te tree. Die landgoed bied uitstekende waarde vir geld en met die fokus op aktiewe veroudering met al die fasiliteite, dienste en ondersteuningsprogramme wat daarmee gepaard gaan.
Skakel my vandag vir jou plek in die bosveld!
Read more...