LANGTERMYN
Dit is ’n seldsame geleentheid om ’n pragtige 3-slaapkamer woning te huur in die uiters gesogte Bardolino Lifestyle Village. Hierdie eksklusiewe langtermyn-verblyf is ideaal vir persone ouer as 50 wat ’n rustige kusleefstyl, sekuriteit en luukse gerief in ’n goed versorgde leefomgewing waardeer.
Die woning bied ruim en gerieflike leefareas met moderne afwerkings en uitstekende geriewe, perfek vir gemaklike en sorgvrye daaglikse lewe.
Eiendom beskik oor:
• 3 ruim slaapkamers
• 2 badkamers, waarvan 1 en-suite is
• Ruim oopplan leefareas
• Kombuis met aparte opwas- / skottelgoedkamer
• Ingeboude binnebraai vir gerieflike onthaal
• Stoep met ’n pragtige, goed versorgde tuin
• Outomatiese dubbelmotorhuis
• Voorafbetaalde elektrisiteit, asook ’n volledige sonkragstelsel
Bardolino Lifestyle Village bied:
• 24/7 mediese bystand met onmiddellike professionele ondersteuning
• Toegang tot kliniek, versorgingsfasiliteite en haarsalon op perseel
• Etes kan teen ’n fooi bestel word
• Netjiese, veilige omgewing met toegewyde pendeldiens na plaaslike winkelsentrums
Geen troeteldiere of rook word toegelaat
Huur: R24 450 per maand (munisipale kostes ingesluit) nie.
Vir meer inligting, of ’n afspraak kontak Leandra nog vandag