Hierdie pragtige moderne woonstel bied 'n lekker leef vertrek, moderne kombuis met genoeg pakplek, slaapkamer met mooi ingeboude kaste en moderne badkamer met stort, wasbak en toilet. Een afdak parkering is beskikbaar. Hierdie woonstel is op 'n erf tesame met ander woon eenhede en bied veiligheid en rustigheid. Die eenheid het sy eie krag meter. Die water en sanitasie word verdeel volgens die aantal persone op die perseel. Ongelukkig nie diere vriendelik nie. Geleë in 'n straat wat nie beurtkrag ervaar nie. Naby winkels en kerke. Bus stop plekke vir die Tshwane bus is naby aan die huis. 'n Volledig kredietsoek sal gedoen word op enige aansoeker. Verdienste moet 3 keer die huurbedrag wees om te kwalifiseer. Deposito is R5500-00, Plus R1000-00 vir kontrak en finale inspeksie fooie.