Hierdie nuut opgeknapte tweeslaapkamerwoonstel is te huur vanaf 1 Maart 2025.
Dit is geleë in die pragtige woonbuurt, Baillie-park in Potchefstroom.
Hierdie woonstel is oorkant Baillie-park Spar en is stapafstand vanaf Mooirivier Mall en Potch Sentraal.
Die eenheid bestaan uit:
- Twee slaapkamers, waarvan een ingerig is met 'n enkelbed en lessenaar.
- Elke kamer het sy eie balkon.
- Sitkamer met 'n gemaklike hoekbank.
- Badkamer met 'n stort, toilet, wasbak en wasmasjienaansluiting.
- Nuwe kombuis met 'n yskas, mikrogolf en tweeplaatstoof/oond-kombinasie.
Een onderdakparkeerplek is ingesluit, maar 'n tweede parkeerplek kan deur die kompleksbestuur gehuur word en is onderhewig aan beskikbaarheid.
Pre-paid elektrisiteit en water ingesluit. Fibre gereed.
Kontak my om na die eiendom te
gaan kyk.
Read more...