Hierdie ruim en netjiese meenthuis is ideaal vir persone bo 50 jaar wat op soek is na veiligheid, rustigheid en gerief. Die eiendom beskik oor twee slaapkamers met ingeboude kaste en dakwaaiers, asook twee badkamers. Die hoofbadkamer is en-suite en het 'n bad, stort, wasbak en toilet, terwyl die tweede badkamer 'n bad, wasbak en toilet het.
Die leefarea is oopplan met 'n sitkamer en eetkamer, beide toegerus met dakwaaiers vir ekstra gerief.
Die kombuis is ruim en stylvol met ingeboude kaste, 'n dubbeloond en ’n 4-plaat gasstoof met ’n ekstra elektiese plaat, en daar is ook 'n opwasarea.
Die stoep het 'n ingeboude braaier en lei na die welige, goed onderhoude tuin.
Die dubbelmotorhuis met outomatiese deure bied gerieflike en veilige parkering.
Hierdie eiendom is gelee in 'n rustige oord
met gemeenskaplike areas wat braaigeriewe en 'n swembad insluit vir funksies en kuiergeleenthede. Die toegangsbeheer word gehandhaaf deur middel van 'n outomatiese hek, wat ekstra gemoedsrus bied. DSTV is opsioneel beskikbaar teen ‘n klein maandelikse fooi.
Let asseblief daarop dat troeteldiere toegelaat word sleg met toestemming van die beheerliggaam.
Voordele: Eienaars word toegang tot die Laerskool se baan gegun om veilig te stap. Forever Resorts bied baie goeie tariewe vir inwoners.
Hierdie gemeenskap bied 'n ongee¨wenaarde leefstyl vir diegene wat die vrede en veiligheid van die Bosveld waardeer.
Kontak my vandag nog vir meer inligting of om 'n besigtiging te reel!
Read more...