Hierdie baie goed geleë woning in Danie Theron straat is defnetief jou besoek werd. Netjies, mooi tuin en baie ekstras.
DIe huis is baie veilig met heining reg rondom, alarm, diefwering en CCTV. DIe tuin is heerlik om in te ontspan met boorgat, drukpomp, watertenk en besproeiing. Agter in die erf is daar ook 'n paar vrugte bome en groente tuine.
Die huis betaan uit 3 ruim slaapkamers met baie ingeboude en moderne kaste. Daar is 'n lugversorging in die hoofslaapkamer. 3 leefvertrekke, oopplan kombuis met mooi ingeboude kaste en graniet bladdens, 1 vol badkamer en fantastiese braai kamer wat uitstap op 'n buite braai boma en kuier area. Hier is al groot sake gepraat om die braaivleis vure. Daar is ook 'n lugversorging in die area.
Daar is 2 ruim buite
vertrekke. Die 1 dien as waskamer waar al die wasgoed hanteer word en die ander 'n werkskamer of buite kamer, die het 'n ingeboude toilet in. DIe eiendom het heelwat staalafdakke. Voor die enkel motorhuis is 'n groot afdak wat gemakilk 6 motors hanteer, Agter die huis is nog 2 afdakke wat dien as buite kuier plekkies. Agter die die buitegeboue is nog 'n afdak wat dien as buite stoor area.
Daar is baie ekstras. Net om 'n paar te noem: 5000w diesel kragopwekker wat die hele huis, stoof en geyser kan trek. CCTV kameras, watertenk, boorgat, DSTV skottel.
Kontak my gerus om nie hierdie waarde vir geld eiendom te mis nie.
Read more...