Hierdie noord-liggende huis met sy groot stoep en moderne kombuis afwerking is eenvoudig net vrek oulik. Nie te groot nie - nie te klein nie. Net perfek! Want wat hierdie eiendom nog meer spesiaal maak is dat dit in 'n cul-de -sac gelee is en jou bure om jou is pragtige mense. Voorwaar iets wat mens kennis van moet neem in vandag se lewe. Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers, 'n oopplan kombuis en sitkamer en 'n aparte was-en opwaskamer. Die sitkamer/leefarea en 2 van die kamers stap uit op die groot stoep en die 3de slaapkamer se uitsig is die mooiste bos.
Daar is dubbelafdakke is hoog genoeg vir 'n boot of karavaan of twee voertuie en daar is ook 'n ekstra parkering onder die stoep in met 'n groot stoor area. Hierdie kan baie maklik in 'n tuinwoonstel omskep word met
badkamer, klein sitkamer en oopplan leefarea en kamer. Die tuin het die mooiste groot bome en vanaf die stoeparea het jy 'n pragtige uitsig. Aan die agterkant van die huis , baie privaat en met 'n digte bos wat jou en jou bure skei, is daar 'n kuier area met 'n boma en braai. Gerieflik en maklik vanuit die kombuis. Ongelukkig was daar nie toegang tot die woonhuis om mooi foto's te neem nie, maar ek kan u verseker die eiendom sal u verras. Die eienaar het goedgunstiglik 'n paar ou foto's beskikbaar gestel.
Hierdie eiendom is voorwaar 'n winskopie en het geweldig potensiaal om verder te ontwikkel, dubbel motorhuise te bou en 'n swembad by die boma area uit te grawe. Enige iets wat jy op hierdie eiendom gaan doen is beslis waardetoevoeging want die huis is in 'n puik toestand en beslis 'n intrek en woon huis. Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie vrek oulike plek te besoek.
Read more...