Hierdie lieflike eiendom in die gewilde Kranspoort Vakansiedorp strek oor twee erwe wat gekonsolideer is, wat verseker dat u ruimte en spasie om u het. Die woning is uiters netjies met 'n lieflike groot stoep en onthaalarea. Daar is drie groot slaapkamers met ingeboude kaste en groot vensters en skuifdeure wat genoeg lig en lug inlaat. Die huis is keurig beplan en die afwerking is besonders. Die Hoofslaapkamer het 'n aantrekkamer met baie kaste en 'n besonderse mooi en-suite badkamer met moderne losstaande bad, groot stort, wasbak en toilet. Die gastebadkamer is in dieselfde styl met 'n moderne ovaal bad, groot stort, wasbak en toilet.
Daar is 'n uiters goed beplande werkstasie met granietblaaie waar twee mense met gemak kan werk en genoeg ingeboude kaste wat kan dien as pakplek
of selfs linnekaste. Alles in hierdie huis is prakties ontwerp, smaakvol beplan en met kundigheid uitgevoer. Die leefarea en een gastekamer is toegerus met dakwaaiers en die hoofslaapkamer en tweede gastekamer met lugverkoelers.
Vanuit die leefarea stap u met oopvou alliminium deure uit op die groot stoep en onthaalarea met 'n swembad en ingeboude braai. Hierdie is verseker die area wat eienaars die meeste sal gebruik, want in Kranspoort is 'n stoep 'n ekstensie van jou leefarea en inwoners geniet hul stoepareas terdee. Kranspoort se warm somers en gematigde winters verseker dat hierdie area beslis benut sal word. Die kombuis het baie ingeboude kaste, genoeg laaie en meer as genoeg werksplek. Modern en stylvol ontwerp met granietblaaie, 'n gasplate en elektriese oond. Selfs die opwaskamer is perfek beplan met dubbel wasbak en genoeg plek vir 'n groot wasmasjien en tuimeldroer.
Kranspoort is enig en uniek in soort. 'n Plek waar mens kan asem haal van die dolle gejaag van die lewe buite hierdie beskermende area met wildsheining. Beheerde sekuriteitstoegang verseker dat inwoners hier veilig voel, en goeie instandhouding en beheer maak die lewe in Kranspoort absoluut gemaklik, Kranspoort bied u soveel meer as net 'n beskermende woongebied. Met die 9 putjie gholfbaan, jukskei bane, markdae, 4x4 roetes en staproetes, voeluitkyk punt en piekniek plekke sowel as speelplek vir kinders en braaigeriewe by die Raasblaar saal, is hier meer as genoeg om te doen. Kinders kan hier, sonder bekommernis van ouerkant, die bos gaan verken en op hul fietse klim en die dorp invaar.
Read more...