ALLEENMANDAAT: 'n Lieflike woonhuis is hierdie woning verseker. 'n Heerlike leefhuis - beslis. Goed beplan en prakties in uitleg. Die huis bied u 'n ruim leefarea met 'n reuse groot sitkamer, eetkamer en oopplan kombuis wat uiters goed vloei met 'n ontbyt eiland, aparte opwasarea asook 'n groot waskamer met 'n massiewe inloop spens. Die kombuis stap uit met dubbeldeure op 'n ontbyt patio area aan parkland kant waar u soggens 'n heerlike koppie koffie kan drink en uitkyk oor die groot bebosde dubbel erf en aangrensende parkland met 'n verskeidenheid van pragtige wild. Hierdie is eerlikwaar 'n woning wat u moet ervaar en besoek. Stilte in hierdie area omvou jou en die woning is uiters privaat feitlik aan alkant.
Die huis bied u boonop verder 'n naaldwerk/stokperdjie kamer, 'n
studeerkamer, 'n groot linnekamer/stoorkamer, 'n tv kamer, gastegeriewe, drie slaapkamers en drie en-suite badkamers volledig met bad, stort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer is baie groot met twee inloopkaste en meer as genoeg pak en hangplek. Vanuit die hoofslaapkamer stap u ook uit op 'n private stoeparea met 'n lieflike uitsig. Die gastekamers met hul en-suite badkamers is privaat en deel 'n gemeenskaplike sonnige sitkamer waar gaste heerlik privaat kan verkeer. Daar is ook geriewe vir gaste.
Die motorhuis is ongeveer 175 vierkante meter groot met 2 aparte motorhuisdeure vir parkering vir 2 groot voertuie, 'n dubbel ekstra-hoogte elektriese deur motorhuis met parkering vir 'n groot 16 voet boot en 2 karavane met genoeg spasie vir 'n werksarea ook. Daar is ook buitegeriewe.
Hierdie pragtige woonhuis grens teen die groenstrook area en die huis is gebou op 'n dubbel erf wat gekonsolideer is. Die woonhuis, motorhuise, leefvertrek, hoofslaapkamer, kombuis, swembad, ''pool room'' en stoepareas is op een vlak en die twee gastekamers apart op die onderste vlak wat mens met trappe van binne die huis kan bereik of dan op grondvlak van buite.
Die huis is toegerus met 'n alarm, 'n solarsisteem asook 'n watersuiweringssisteem en 'n watersuiweraar in die kombuis. Daar is ook 'n boorgat. Daar is twee geysers wat die huis bedien geinstalleer in 'n netjiese veilige geyser kamer. Alles is hierdie huis is goed beplan en met sorg onderhou.
Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie lieflike eiendom te besoek.
Read more...