ALLEENMANDAAT: Hierdie pragtige huis in Kranspoort is gelee in 'n cul-de-sac. Die mooiste uitsig oor Kranspoort dorp en is verbasend ruim en uiters goed beplan. Die kamers en badkamers is groot vir 'n modern geboude huis en verseker ideal vir 'n jong gesin of persone wat wil afskaal. Die kombuis en leefarea is ooplan en die vloere rustiek sement. Die ontwerp van die woonhuis is prakties en die rustigheid en liefde in hierdie huis omvou jou met die intrapslag. Saligheid op note wanneer jy op die stoep staan en uitkyk oor die pragtige Kranspoort Vallei.
Die huis bied jou 3 slaapkamers en 2 badkamers waarvan die hoofslaapkamer se badkamer en-suite is en toegerus is met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer het ingeboude kaste wat genoeg pakplek bied. Die twee
gastekamers gebruik die gastebadkamer wat toegerus is met ''n stort, wasbak en toilet. Daar is ook buitegeriewe met 'n wasbak en toilet.
Die mooi kombuis het 'n gas hob en 'n ooghoogte oond, 'n eiland met 'n waterval granietblad en meer as genoeg kaste vir pakplek. Daar is ook 'n linnekas, mooi netjies beplan by die portaal na die hoofslaapkamer. In die kombuis is daar plek vir 'n enkel of dubbel yskas, wasmasjien, en skottelgoedwasser. 'n Enkel yskas sal plek laat vir 'n tuimeldroer.
Die woonvertrek is ruim en groot en stap uit op 'n onderdak stoeparea met ingeboude braai. Daar is plek om 'n plonsswembad te bou indien u graag sou wou. Die motorhuis is 'n dubbel onderdak oop motorhuis en kan sonder veel moeite, in 'n kits, toegebou word tot 'n groot dubbel motorhuis of selfs met alliminium en glas toegemaak word. Die eiendom staan op 'n groot erf en daar is meer as genoeg plek vir aanbou en groter maak indien u dit sou wou oorweeg.
Kranspoort dorp is enig in soort. 'n Stukkie juweel tussen Middelburg en Groblersdal op die N11 en 'n klipgooi van die gewilde Loskopdam. Kranspoort dorp word hanteer as 'n echo estate. Boslewe met gemak. 'n Plek waar kinders nog in strate kan baljaar en mens in die veiligheid van 'n beheerde sekuriteits toegang omgewing kan leef en funksioneer. 'n Dorp met sy eie watersuiweringsaanleg, abbatoir, 9 putjie gholfbaan, 4x4 roetes, staproetes, wild wat vrylik tussen die woonhuise deurbeweeg, 'n Raasblaarsaal wat gehuur kan word vir verjaarsdae en byeenkomste, genoeg piekniekplekke, 'n baie aktiewe jukskei klub, 'n markdag wat gereeld aangebied word, 'n 9 putjie golfbaan en visvang plek. Goeie bestuur en beheer oor paaie en dienste is hier 'n gegewe.
Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie lieflike huis te besigtig.
Read more...