Pragtige 3 slaapkamer huis in 'n cul-de-sac, gevestigde area reeds met infrastruktuur en paaie. Loop afstand vanaf inkopie sentrum.
Hierdie huis bied 'n ruim oopplan kombuis en leefarea, 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n ekstra kamer wat gebruik kan word as leefarea, slaapkamer of woonstel met eie badkamer. Groot afdak met parkeer plek vir 4 voertuie. ingeboude braai en ontspannings area.
Sonkrag geyser wat ook omgeskakel kan word na Eskom. Sonkrag panele laai die batterye wat al die LED ligte voer in die huis.