2 Slaapkamer woning met 'n aparte 1 slaapkamerwoonstel op 'n ruim erf te koop.
TSE/Afsaal eiendomme sedert 2007 bied aan:
2 Slaap kamer woning met 2 badkamers, ruim oopplan kombuis en leefarea. Aparte opwas areamet ruim spasie vir yskaste. Verder bied die eiendom ‘n dubbel motorhuis(46m²) en waskamer(21m²), 2 parkeer afdakke en ‘n oopplan woonstel met eie kombuis en badkamer. Groot tuin wat verskeie vrugtebome insluit. Dierevriendelik - erf is heeltemal omhein. Die erf het Sonering 2 met besigheidsreg. 5KW sonkragstelsel en 5 KW battery met 9 panele vir die huis en songeiser 250L. Woonstel het ‘n 150L elektriese geyser en lugverkoeling. Driefase 40A kragaansluiting. Rolstoelvriendelik.
Kontak ons vandag nog vir verdere inligting en moet nie uitmis op hierdie geleentheid nie.