As u opsoek is na 'n private woning in Kranspoort, omring deur bos en nog boonop aangrensend tot die groenstrook area, dan is hierdie 4147 vierkante meter erf, met 'n besonderse oulike koloniale styl woonhuis, gebou in die middel van die erf, verseker 'n eiendom om te oorweeg. Die eiendom is goed geprys en nuwe eienaars kan verseker weet dat indien hul graag die huis wil opgradeer en moderniseer, elke sent spandeer, waarde sal toevoeg tot hierdie eiendom. Die moontlikhede is legio op hierdie perseel.
Die huis bied u tans 4 slaapkamers en 2 badkamers of dan 3 slaapkamers, 'n werkskamer en 2 badkamers waarvan die hoofslaapkamer se badkamer en-suite is. Daar is 'n dubbel motorhuis en ook skadunet parkering vir een voertuig. Die huis is bereikbaar op een vlak vanaf die skadunet
parkering en op hierdie vlak is die sitkamer, eetkamer, kombuis, hoofslaapkamer en badkamer toegerus met 'n bad, wasbak en toilet. Die gastekamers is op die boonste verdieping van die woning en bereikbaar met trappe.
Daar is twee slaapkamers met ingeboude kaste en 'n derde vertrek wat tans gebruik word as 'n slaapkamer en naaldwerkkamer. Hierdie vertrek kan met gemak omskep word in 'n werskamer of 'n private tv kamer vir tieners of kuiergaste. Vanaf die werkskamer kan u uitstap op 'n boonste houtdek met 'n lieflike uitsig oor die Kranspoort vallei.
Vanuit die hoofsitkamer op die leefvlak is daar twee dubbel glasdeure wat ook uitstap op die stoep en die houtdek met dieselfde pragtige uitsig.
Kranspoort is enig en uniek in soort. 'n Plek waar mens kan asem haal van die dolle gejaag van die lewe buite hierdie beskermende area met wildsheining. Beheerde sekuriteitstoegang verseker dat inwoners hier veilig voel, en goeie instandhouding en beheer maak die lewe in Kranspoort absoluut gemaklik, Kranspoort bied u soveel meer as net 'n beskermende woongebied. Met die 9 putjie gholfbaan, disk gholf, jukskei bane, markdae, 4x4 roetes en staproetes, voeluitkyk punt en piekniek plekke sowel as speelplek vir kinders en braaigeriewe by die Raasblaar saal, is hier meer as genoeg om te doen. Kinders kan in Kranspoort, sonder bekommernis van ouerkant, die bos gaan verken en op hul fietse klim en die dorp invaar.
Die woning het geweldig potensiaal en daar is soveel voordele om hierdie eiendom te omskep tot 'n prentjie mooi idilliese huisie innie bos. Moet nie hierdie geleentheid deur u vingers laat glip nie en kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie eiendom te besoek.
Read more...