SHORT DESCRIPTION:
Bushveld all around you on this 3,39ha piece of land with a 4 Bedroom house build for renting rooms to guests visiting Loskop Reserve. Additional 3 Log homes and space to build more units. Endless opportunities for investors if one considers that the Mpumalanga Tourism and Parks Agency announced that funds will be secured to upgrade Loskop Dam Nature Reserve, leaving surrounding farms and plots to be the ideal investment opportunity. This plot is actually on the doorstep of the entrance to the Loskop Reserve, making it the ideal property for investing.
Wanneer die elektroniese motorhek voor jou oopskuif en jy die grondpaadjie neem na die woonhuis, verby die boorgat, die werkerskwartiere aan regterkant en deur die dubbel hek wat die woonhuis omhein, omvou die
natuurlike lowergroen bosveld omgewing jou. Twee prag perde en 2 Jack Russels kom groet en hoenders loop rustig en skrop op die werf. "'Hier kan mens asem haal" dink ek toe ek die voordeur nader en met ope arms verwelkom word.
Die woonhuis het 4 slaapkamers en 4 badkamers waarvan die hoofslaapkamer en 2 gastekamers en-suite badkamers het. Die woning is ontwerp met die oog om gaste te kan akkommodeer waar hul privaat kan wees met hul eie kamer, sithoekie en badkamer wat uitstap op die pragtige tuin. Die gastekamers is goed ontwerp/beplan sodat daar of 2 gaste per kamer of selfs 'n gesin van 6 geakkommodeer kan word.
Die huis het 'n oopplan sitkamer en rustiek ontwerpte kombuis met 'n oog hoogte oond en gassplate, 'n Inloop spens en aparte opwas/waskamer gedeelte. Daar is ook 'n tweede leefvertrek wat kan dien as 'n iekstra sitkamer of studeerkamer of 'n eetkamer wat uitstap met dubbel glasdeure op die onthaal/kuier area met boma en selfs 'n bakoond.
Die hoofslaapkamer het 'n inloop kas/stoor/kluis area, oorgenoeg ingeboude kaste vir pakplek, 'n groot en-suite badkamer met bad, stort, toilet en wasbak en die hoofslaapkamer is uiters ruim en kyk uit op die pragtige bosveld omgewing.
Daar is ook 3 houthuise (log homes/ccottages) waar gaste heerlik op hul eie kan kuier, twee eenhede is kompleet met 'n kombuis, badkamer en oopplan slaap en leefarea, en een eenheid het nie 'n 'n kombuis nie, maar slaapkamer en badkamer. Een eenheid slaap 2 persone en die ander twee eenhede slaap 4 persone. Elke houthuis het ook sy eie stoepie.
Daar is 2 wendy huise wat as stoorplek dien en 'n nuut geboude toesluit stoorarea. Perdestalle vir 2 perde en hoenderhokke is in plek. Die werkerskwartiere is ingerig met twee eenhede en 'n aparte kombuis en badkamer area. Die boorgat op die hoewe voorsien sterk water aan al die eenhede, woonhuis en werkerskwartiere.
Daar is 'n dubbel onderdak parkeerarea vir 2 tot 3 voertuie.
Hierdie pragtige stukkie bosveld grond is gelee naby Loskopdam op die N11 tussen Middelburg en Groblersdal, maar grens nie aan die N11 nie. Omring deur natuurlike bos, veilig en privaat. Dit is eerlikwaar 'n wonderlike ervaring om in hierdie bebosde omgewing te stap en bosbokkies in hul natuurlike omgewing te kon gewaar waar hul rustig, ongestoord loop en wei. Hier voel dit of jy beslis jou stapskoene wil aantrek en die bos gaan verken. Pragtige groot bome se koeltes, op die werf en hoewe, is 'n lafenis op 'n warm Somersdag.
Kontak my gerus om hierdie pragtige stukkie bosveld hoewe te besoek. Ek wys dit graag vir u.
Read more...