Hartenbos Landgoed bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n 4-slaapkamerhuis geleë in 'n 24-uur sekuriteitslandgoed in Hartenbos.
Die huis beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die oopplan-leefarea lei na 'n braai-area met ingeboude braaigeriewe. Die leef-area lei na 'n buite boma, wat gaste se privaatheid verseker.
Hoofslaapkamer onder met Dubbel bed en en-suite badkamer
Op die boonste verdieping is daar 'n volledige badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.
Die tweede slaapkamer is op die boonste verdieping ook met dubbel bed . Hierdie kamer stap uit op 'n balkon asook kamer 3 (Dubbel bed). Albei ingeboude kaste
Die 4de slaapkamer (2 enkel beddens) ingeboude kaste - Hierdie slaapkamers het toegang tot 'n gedeelde badkamer met 'n
wasbak, stort en 'n toilet.
Die kombuis is toegerus met 'n elektriese oond. en Die aangrensende wassery - Groot oop plan leef area
Die wasgoed lyn is aan die agterkant van die huis. Daar is ook 'n lieflike warm water buitestort.
Die landgoed word omring deur duine wat met welige plantegroei bedek is en bied 24-uur toegangsbeheer wat gaste se veiligheid verseker.
Die landgoed bied ook 'n gemeenskaplike swembad en klimrame vir kinders. Die strand is net 10 minute se stap vanaf die landgoed, langs die spoorlyn en teen die duin af. As jy verkies om Hartenbos binne te ry, is dit net 3,2 km vanaf die sakekern en die hoofstrand. Die Langeberg Mall is net 6 km weg om aan jou inkopiebehoeftes te voldoen
R5600 per dag (minimum 15 dae per bespreking)
R3000 Breek deposito
R950 Uitgaande skoonmaak fooi
Geen Wifi
Whatsapp Michelle
Read more...