AUCTION:
Fri. 11 April 2025 at 11:00
On the Farm Wildebeestkuil dist Fochville
Stap in en Boer!
Die plase is aangrensend. Die plase is ideale bees / skaap / boerbok plase met vee hanteringsgeriewe asook top ou saailande wat weer heromskep kan word.
106HA PLAAS RIETFONTEIN
‘n Top saai / beesplaas met 106ha lande. 22ha Oulandsgras was voorheen van die beste mielielande en kan weer heromskep word in top saailande asook 84ha Mielielande.
Die plaas is verdeel 3 kampe met ‘n 1/2ha groot gronddam asook ‘n gwarrie. Die gwarrie bevat G5 kompakterende grond materiaal en kan dus gebruik word as basis fondasie vir teer / plavysel paaie.
131HA PLAAS WILDEBEESTKUIL
‘n Top saai / beesplaas met volledige opstal.
Die plaas is ook ‘n ideale skaap / boerbok plaas. Verdeel in 5
kampe met 5 boorgate waarvan 2 toegerus is, 3 gronddamme en 1 gwarrie. 35ha Oulandsgras kan ook omgeskakel word na top mielielande, 96ha weiding en die res bos. Omheining in ‘n goeie toestand geskik vir skape en boerbokke.
Volledige opstal met ‘n ruim ?4 slaapkamer huis (380m²) ‘n badkamer en gaste toiletasook ‘n tv-kamer, sitkamer, formele sitkamer, eetkamer, kantoor, kombuis asook ‘n buitekamer en motorhuis.
Cottage / woonstel (108m²) met 2 slaapkamers, 1 badkamer, kombuis en ‘n stoep afdak.
Daar is ‘n sterk boorgat by die huis en is geskik vir 15ha besproeiing.
Daar is ‘n sekuriteitsheining met binne en buite alarmstelsel wat gemonitor word. Eskom krag asook bestaande 5 kilowatt sonkragstelsel.
Beeshanteringsgeriewe asook ‘n toegeboude bok / skaapkraal (216m²) asook ‘n grootstoor (192m²), stal / stoorkamers (112m²) waarvan alles toegerus is met elektriese punte.
ROETE:
9km vanaf Fochville op die Jagtfontein / Glenharvie teerpad. Plaas aan linkerkant.
Gps: 26°28'59.3"s 27°35'10.2"E
PAYMENT TERMS:
5% Deposit + 3.5% Buyers Commission and Guarantees within 60 days.
Read more...