`n Uitstekende bees/wilds plaas in die Jan Kempdorp distrik. Die plaas beskik oor 2 woonhuise, Eskom krag en 4 store. Daar is voldoende water, veehanterings geriewe en die grond is verdeel in 13 kampe. Daar is `n wildskamp van ongeveer 500 ha. 85% is ontbos met gif. Daar word tans geboer met bees sowel as wild. Die eienaar is BTW geregistreer. 18km Vanaf Spitskop op die Reivilo pad.
Eskom: Ja, Enkel fase
Boorgate: 4
Windpompe: 2
Damme: 2, 1 x Sement en 1 x Sink
Tenks: 1 x 10 000L en 4 x 5 000L
Suipings: 4
Reënval: 400mm/jaar
Drakrag: 8ha/GVE
Kampe: 13
Toestand van draad: Goed
Krale: 3 ( 1 x Laaibank)
Hoeveel skaap/bees kan geboer word: Boer tans met 160 koeie met kalwers op 1100ha
Wildspesies:
Koedoes, Elande, Rooibokke, Swart wildebeeste, Blesbokke, Gemsbokke en
Rooihartebeeste
1 gedeelte is 2,4m hoog wildwerend omhein
Verbeteringe/Geboue:
1 x toegeboude stoor van ongeveer 400m², 1 x oop stoor van ongeveer 180m², 1 x toe stoor van ongeveer 50m², 1 x oop stoor avn ongeveer 120m², 2 x woonhuise
Woonhuis 1
7 Slaapkamers, 6 Badkamers, Kombuis, Eetkamer, 2 Sitkamers, Studeerkamer, Opwas, Swembad, Tuin, Motorhuise, Elektriese omheining en alarms/sekuriteit sisteem
Woonhuis 2
6 Slaapkamers, 2 Badkamers, Kombuis, eEetkamer, Sitkamer, Kombuis, Opwas, Lapa, Tuin, Motorhuise en Elektriese omheining
Read more...