A LIFESTYLE PROPERTY FOR NATURE LOVERS
Situated 45km from Middelburg in Mpumalanga Province on the Middelburg/Grobersdal tar road and then on a gravel road, in the ever popular Kranspoort Valley, you will find this life style gem. The gravel road a deterrent for unwanted traffice and visitors. The tranquil life style, surrounding bushveld area and the scenic view from the property overlooking the roaring beauty of the Selons River will welcome you.
The Selons River originates in the Bothas Mountains between Middelburg and Stoffberg and is in pristine condition. Free of pollution as the mountainous area from the Bothas Mountains has no informal settlement or any developments, thus creating this pristine body of water. This well-kept and managed lifestyle property with beautifull
trees and natural gardens with paved walk ways to the developed areas is spectacular, neat and in immaculate condition with the improvements blending in with the natural surroundings.
The property was redone, upgraded and improved to create a lifestyle that one yearns for with no concern of any capital lay-out in the future. In fact, the current owner will negotiate all furniture and décor to be sold separate from the advertised price.
The main house is 200sqm and constructed of face brick and stone walls with tile flooring and a zinc roof. The house consists of a beautiful melamine kitchen with granite tops and scullery, an open plan dining and lounge area, 2 bedrooms and 2 bathrooms (with the main bedroom having a en-suit). There is a guest toilet and a large pool of approximately 30sqm with a synthetic wooden deck. All of this elevated on the banks of the Selons River.
Chalet No 1 and Chalet No 2 are both 70sqm and constructed of face brick and stone walls with tile flooring and a zinc roof. Both chalets have 1 bedroom with an en-suite bathroom and a lounge area. The chalets are situated next to the braai and pool area. The Braai area (30sqm) is build of face brick with a steel construction and zinc roof. It consists of a brand new kitchen with gas stove, build-in braai, tile floors and roll-up shutters. The Games Room (40sqm) is constructed with steel and brick with a zinc roof and concrete floor.
There is a double lock-up garage, a store room and workers accommodation constructed with face brick, steel frame and zinc roof. A large workshop and store area. Two well constructed hot houses for your fresh produce, one small store room, a garden seating area and paved walk ways between buildings and amenities and access to the general areas.
This property will offer you a life style one dream off - serene, peaceful and close to nature with the roaring of the Selons River waking you every morning. What more can one ask for.
Contact me to arrange for an appointment to view this beautiful small farm on the banks of the Selons River.
'N LEEFSTYL EIENDOM VIR NATUUR LIEFHEBBERS
Wanneer jy afdraai van die teerpad op die grondpad, spoel daar 'n stukkie saligheid oor jou menswees en die woorde "my hart verloor ek op 'n grondpad" maal deur my kop. Oppad na hierdie 24 ha grond gelee op 'n grondpad wanneer jy van die Middelburg/Groblersdal N11 afdraai, le in die gewilde Kranspoort Vallei. Die Maroela bome staan statig sonder blaar en wag op die lente wat nou aanbreek om hul sierlike groen krone te stoot. Ver voor ons op die grondpad staan twee Koedoes stil en bekyk die aankomende voertuig. "Hoe ongerep" dink ek. Amper ontmoontlik om te dink dat hier nog wild vry van plaas tot plaas kan beweeg sonder dat iemand dit uitskiet. Amper ondenkbaar in ons huidige Suid Afrika - maar hier is dit nog so.
Die grondpad na die plaas is in goeie toestand en net by een plek moet ons so bietjie links hou om die klipperigheid te vermy. Die omgewing is pragtig, vrylopende wild oral sigbaar en ek besef weereens dat daar maar net een plek is waar 'n mens naby aan die natuur kan leef, en dit is in die bosveld. Met ons aankoms op die plaas begroet die hoenders ons - want hoe nou anders - "wat is 'n plaas sonder 'n paar skrophenne en 'n haan wat jou kan wakker kraai" se die eienaar. 'n Klein Jack Russel verwelkom ons vreeslik opgewonde. Opvallend dat hier nie groot honde op die plaas is nie, maar die omgewing - en die pad hierheen - trek nie kwaaddoeners nie. Hier kan jy eerlikwaar ''wegraak"' in die omgewing. Die dreuning van die Selons Rivier is hoorbaar en stem jou rustig. "Wat 'n voorreg" dink ek, om hierdie stukkie grond te kan besit. Alles hier is nuut oorgedoen - 'n stukkie modern in die bosveld - dog rustiek om in te pas by die pragtige omgewing.
Die hoofhuis van 200 vierkante meter bied jou 2 slaapkamers en 2 badkamers waarvan die hoofslaapkamer en-suite is met 'n uitsig vanuit elke venster. Daar is 'n tv kamer en sitkamer. 'n Pragtige kombuis en 'n strykkamer. Al die leefvertrekke en slaapkamers stap uit op 'n houtdek met uitsig oor die Selons Rivier. 'n Lieflike ekstra grootte swembad rond hierdie droom prentjie af.
Daar is 2 chalets met elk 'n slaapkamer, sitkamer en badkamer. Elk 70 vierkante meter groot. Ideaal vir gaste of as u dit sou wou uitverhuur vir gaste wat wil wegbreek van die gejaagde stads-en dorpslewe. Daar is 'n speelkamer en 'n lieflik ingerigte onthaalarea met ingeboude braai, genoeg kuier en sitplek, kompleet met sy eie kombuis, gasstoof en yskas om die chalets te bedien weg van die hoofhuis. Hier word gekuier en die saligheid van die omgewing geniet. Dit voel amper onwerklik om te dink dat daar buite hierdie grense van absolute rustigheid, 'n gejaagde lewe is. Beslis sal mens hier kan batterye herlaai en asem skep, die natuur geniet en net ontspan.
Daar is twee boorgate op die plaas waarvan 1 toegerus is, maar die eienaar gebruik die skoon water van die Selons Rivier, met sy oorsprong uit die Botha's Berge tussen Middelburg en Stoffberg. Vry van besoedeling omdat die Selons nie naby of deur enige informele nedersettings vloei nie. Daar is 'n 5000 Lt opgaartenk toegerus met 'n 5 stelstel watersuiweringssisteem. 'n 170 000Lt Sinkdam en twee groente tonnels waar jy jou eie vars groente kan produseer. Daar is ook 'n dubbel motorhuis met werkskamer en 'n 2 Slaapkamer wooneenheid vir plaashulp.
Plaveisel paadjies verbind die eenhede, speelkamer en onthaalareas met mekaar. Die bome hier is ongelooflik mooi en jy kan jouself nie verhelp om by elke plaatjie te stop en lees watse tipe boom sy kroon hierbo jou uitstoot nie. Die eienaar het voorwaar aan alles gedink toe hy hierdie stukkie grond gekoop, beplan en ontwikkel het.
Kontak my vir 'n afspraak om hierdie pragtige 24ha plasie jou eie te maak. Groot genoeg om weg te raak in die bos, maar klein genoeg om te onderhou. Want wie wil nou nie 'n stukkie grond in die bosveld besit nie?
Read more...