SHORT DESCRIPTION:
On the river front 1,23ha stand with Main House consisting of 2 Bedroom and 2 en-suite bathrooms, splash pool, deck overlooking the river, two batchelor units with bathroom and kitchenette, staff quarters - on N11 to Groblersdal. Opportunities to explore and develop.
Wat meer kan mens voor vra as die Olifantsrivier deur jou grond vloei en jy soggens wakker kan word met die klank van water en 'n Seekoei se bulk? Daar is vier huise op die grond. Die hoof huis, twee volledige enkel kamer woonstelle en werkers kwartiere. Die Woonhuis het 2 ruim slaapkamers met twee badkamers waarvan die hoofslaapkamer se badkamer en-suite is. Die groot stoep wat uitkyk oor die Olifantsrivier het 'n ingeboude braai, onthaalarea met kroeg, gastegeriewe en 'n plonspoel. Die hoofhuis
is elektries omhein en het ook "Roboguard" infrarooi sensors om die woning. Daar is 'n sitkamer, eetkamer en 'n groot "plaas" kombuis met gasstoof, reuse inloop spens en opwasarea. Daar is ook 'n studeerkamer. Gas geysers is geinstalleer in die hoofhuis en werkers kwartiere en daar is ook Inverters vir krag. Die dubbel motorhuis het 'n werkskamer en stokperdjie area werksplek. Daar is 'n stoor en ook 'n slagkamer.
Die twee woonstelle het 'n oopplan leef, slaap en kombuisarea met 'n en-suite badkamer met wasbak, toilet en stort. Daar is ook 'n stoep wat oor die pragtige omgewing uitkyk. 'n Grasdak gym area wat uitkyk oor die pragtige Olifantsrivier is tans in aanbou,
Daar is twee sterk boorgate en 'n gronddam wat nog nie voltooi is nie. 'n Eende dam maak deel uit van die pragtige tuin. Van die omliggende eiendomme in die area word as besigheids/akkommodasie/vakansie oorde bestuur. Ingang na die eiendom is met 'n afstand beheerde hek.
Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie eiendom te besoek indien u belangstel.
Read more...