SHORT DESCRIPTION: Tranquil 177 ha Lodge with restaurant, 2 x conference centers, 2 Log homes sleep 4 people, and 4 Log homes sleep 2 people, wedding chapel, 2 Bushveld tents sleep 2 people, 1 x 3 Bedroom Log Home for Manager, Lodge do have a flat for Lodge Manager, water, borehole, river, swimming pool, game, 4x4 routes, 7 Caravan Camping sites with power and communal ablution block.
Die rustigheid van hierdie omgewing omvou jou wanneer jy die twee spoor paadjie deur die hoofhek na die Lodge toe ry. Die mooiste bosveld omgewing met water wat deur die grond vloei. 'n Waterval wat tydens die reenseisoen jou sal verwonder. 177 Hektaar van rus en vrede, lieflike berge en koppe en Koedoe, Nyala, Swartwitpens, Klipspringers en Rooi Ribbok beskerm met wildsomheining op jou eie plaas.
Die Lodge het 'n pragtige restaurant en kroeg area wat 60 mense kan akkommodeer, binne en buite eetplekke, 'n groot kombuis ten volle toegerus, geriewe, twee konferensie kamers, stoorkamers en 'n woonstel vir personeel. Daar is 'n pragtige swembad wat inpas by die natuur en 7 houthuise vir akkomodasie. Dranklisensie is in plek en die lodge en wooneenhede word voorsien van suiwer boorgat water en Eskom krag (daar is ook 'n 80Kva kragopwekker). Ingesluit is 'n wilds voertuig waarmee gaste op 'n wildrit geneem kan word. Daar is 'n 4x4 roete om die plaas met jou eie voertuig te verken en 'n pragtige staproete na die waterval sal verseker 'n belewenis wees.
1 Houthuis word gebruik as die Hoofhuis met 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n pragtige oopplan kombuis, eetkamer en sitkamer en 'n reuse stoep met oorgenoeg parkering vir voertuie, 'n jacuzzi en boma area en die mooiste uitsig oor die plaas.
6 Houthuise word vir gaste akkommodasie gebruik en hierdie eenhede het 'n oopplan leef en slaaparea met 'n kitchenette, badkamer met stort, wasbak en toilet, 'n stoep en elkeen sy eie boma kuier area. 2 Eenhede slaap 4 persone en word verhuur vir R1700 per nag en 4 Eenhede slaap 2 persone wat uitverhuur word vir R1000 per nag. Hier is beslis nog geleentheid vir uitbreiding.
Daar is twee tentkampe met private boma areas by die kampterrein en 7 kragpunte vir staanplek. 'n Ablusie blok, opwas area vir kampgangers en 'n groot boma area waar 'n groot bosveldvure kan brand. 'n Nuwe kapel is tans in aanbou. Die besigheid word verkoop as 'n lopende saak en VAT is nie ingesluit by die prys nie.
Oppad uit stop ek by 'n bordjie wat heel gepas bewoord is met "Your memories will last forever". Inderdaag is dit die waarheid, want hierdie prag plek kom groei op jou en sal beslis blywende herinneringe laat vir elkeen wat hier besoek afle.
Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie besonderse plaas in die Loskop Vallei te kom besigtig.
Read more...