‘n Pragtige natuurplaas met ‘n goeie inkomste geleentheid. Die foto’s doen glad nie reg aan die omgewing nie... jy moet self kom kyk. Hoe¨ berge, uitdagende kranse en ‘n diep kloof met besonderse plantegroei - eeue oue broodbome, boomvarings en aalwyne. Daardie gedeelte word nie sonder rede “Die Hel” genoem nie - asemrowend mooi. Die plaas grens aan die Helsrivier en die standhoudende fontein verseker dat daar altyd genoegsame water is.
Die plaas is ongeveer 402ha groot en bied ‘n woonhuis, kantoor, stoor en arbeidershuise. Die unieke sinkhuis is rustiek en is ideaal vir die kunstige person. Die huis het ‘n ruim oopplan leefkamer en oopplan kombuis. Die hoofslaapkamer het ‘n en-suite badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet. Die ander twee kamers is lig met groot vensters, asook ‘n loft
area en deel die twee kamers ‘n badkamer. Die hartklop van die huis is beslis die twee heerlike groot kuierstoepe waar daar gesellig om die lang tafels gekuier kan word of waar mens mekaar kan uitdaag vir bord speletjies. Die tweede stoep is perfek vir laat ontbyte by die swembad, of lekker braai-kuiers by die ingeboude gasbraai. Somer tyd kan daar in die sprankel swembad baljaar word, of tot laat aand om die boma gekuier word. Die uitsig vanuit die swembad kan geen geld in die we^reld koop nie, kom kyk self.
Die kantoorgedeelte is goed ingerig. Die besigheid is ‘n bekende Zipline waar ervare gidse jou help om die natuur van naby te ervaar en te waardeer, terwyl jou adrenalien vlakke uitermate hoog is... daar waar jy jouself verbaas met jou durf en word daardie gevoel in detail bespreek op die kuier stoep sodra almal terug is. As jy daardie bederf ‘n bietjie langer wil rek is daar die keuse van 2 boskampe waar jy die natuur kan kom ervaar soos nog nooit tevore nie... daar waar jy heeltemal van jou horlosie kan vergeet en jy ongehinderd en vry kan wees... wat ‘n voorreg wanneer jy daardie belewenis op jou emmerskop lysie kan af tiek. Verskeie dagbesoekers, asook skole van reg oor die land kom gereeld deel in daardie bederf.
Die plaas is veilig weens die ligging en het 3-fase krag indien jy dit sou wil laat koppel – tans word daar ‘n kragopwekker en sonkrag gebruik, Ontsnap die stad se gejaag en maak jou drome waar! Moenie hierdie geleentheid mis nie - skakel vinnig vir ‘n afspraak, ek wys jou graag daar!
Read more...