Bo-Karoo eiendomme bied:
Die hoewe is aangrensend aan die dorp en baie veilige area en binne loop afstand van skole, en naby gelee kuierplekke en winkels.
Die huis bied Drie ruim slaapkamers met lekker oopplan kombuis en leefarea. Die leefarea en hoofslaapkamer het skuifdeure het wat uitloop op die kuierstoep.
Hier kan jy heeltemal onafhanklik wees met die 20lt gasgeysor. Die sonkrag stelsel bestaan uit 12 sonpanele en 5kw Growatt Omskakelaar en twee 48volt Lithium batterye. Die boorgat is 78m diep en is toegerus met nuwe 500w boorgatpomp en beskik oor 2 sonpanele van 250w asook 'n 5000lt JoJo water tank op staal strukstuur gemonteer plus addisionele 500lt Jojo tank op grondvlak.
Daar is nog rouwater van 1500lt verbruikreg per dag wat ideaal sal wees om groente tuin
nat te spuit. Die pluimvee hok is netjies afgewerk met staal en sinkplaat en is 46vkm grootte oppervlakte.
Om besigtigings afspraak te maak kontak ons agente vir flinke en vinnige diens.
Verblyfsreg is 'n vereiste.
Read more...