Ontdek 'n buitengewone geleentheid om twee pragtige besproeiingsplase aan te skaf, met die potensiaal vir 'n derde plaas, almal aangrensend geleë. Hierdie plase is ideaal vir diverse landbou-aktiwiteite en bied ongelooflike geleenthede vir sitrusverbouing en meer.
Plaas 1:
Grootte: 717.1616 ha
Ligging: Ongeveer 7 km vanaf Redelinghuys
Water: Groot gronddam met 'n kapasiteit van ongeveer 56 000 kubieke meter, geklassifiseer as 'n kategorie 2 dam
Besproeiing: Water word direk na die nartjies gepomp met 'n 37kW motor.
Teerdam: Word voorsien deur 132kw motor met 2x150 mm pvc pyplyne. Gebou op 'n kop, voorsien sirkels op eie druk met 'n inhoud van 2000 kubieke meter, asook 'n 20kW pomp indien nodig. Waterregte met verskillende beurttye. Daar is 2 x13ha Agrico spilpunte op 10 sirkels
met 'n 4 jaar rotasie van 2.5 sirkels per jaar wat kan vermeerder word veral wintermaande.
Gewasse: Uitstekend geskik vir lusern, wortels, sitrus, aartappels, druiwe, waatlemoen, patat, uie en vee.
Infrastruktuur: Groot skakelhuis verdeel in 'n 3-slaapkamer en 2-slaapkamer eenhede met volledige buite woonstel. Drie store van rofweg 600 vierkante meter met afdakke en gifkamers, krale, vleie, en 3 x 5 ha sirkels geskik vir sitrus sonder spilpunt met eie pomp.
Werkerhuise: 3 in goeie toestand.
Elektrisiteit: Verskaf deur Eskom met 200 Kva punt, meestal gebruik in ruraflex tyd.
Plaas 2:
Grootte: 289.6720ha
Ligging: Aangrensend aan Plaas 1 en ook 7 km vanaf Redelinghuys
Water en Besproeiing: Deel die groot gronddam met Plaas 1 en toegang tot dieselfde waterregte, word bedien met 'n 37kW motor lewer water vir 2 toring en 3 toring.
Algemene Inligting:
Klimatologie: Geleë in 'n winterreënval streek met 'n gemiddelde jaarlikse reënval van 200-300 mm.
Uitsig: Pragtige uitsigte vanaf die teerdam, met 'n uitsig oor die see by Elandsbaai.
Grondtoestande: Goeie gronde, sirkels geleë in 'n rypvrye gebied.
Potensiaal: Die moontlikheid bestaan om meer as 100 ha sitrus te vestig.
Moontlikheid van 3de plaas aangrensend, 2600ha ook moontlikheid van nog 100ha sitrus. Daar is baie spilpuntsirkel en pakstoor, implemente ingeluit. Prys op aanvraag.
Hierdie pragtige plase bied 'n unieke geleentheid vir boere en beleggers wat op soek is na 'n uitstekende landbou-onderneming in 'n mooi gebied met wonderlike uitsigte en uitstaande natuurlike hulpbronne. Moenie hierdie geleentheid misloop om 'n waardevolle eiendom te besit in die gewilde Redelinghuys-gebied nie.
Read more...