Wild- en beesplaas wildwerend omhein (21 drade).
Gelykplaas met soetveld (rooigrond / sand en leem) en mooi verskeidenheid bome wat insluit Kameeldoring, Huilboom, Knoppiesdoring, Falsmaroela, Matopi, Mapipi, Apiesdoring, Geelhaak, Swarthaak, Sekelbos en Rooibos.
Wild: Buffel, Sable, BWB, Zebra, Gemsbok, Rooihartebees, Eland, Waterbok, Volstruils, Rooibok, Koedoe en baie kleinwild en vlakvarke.
4 Boorgate, waarvan 2 huidiglik gebruik word, 1 toegerus met solarpomp. Lewering onderskeidelik 14500 liter per uur en 6000 liter per uur.
1 Sementdam. Verskeie waterkrippe en 2 seisoenale panne.
3 Fase Eskom krag.
Beeshandteringsfasiliteite.
5ha landery.
Plaaswoning met 2 slaapkamers en 1 badkamer, kantoor, leefarea, kombuis, lapa en braai area, asook donkie vir warm water.
Jagkamp met 5
en-suite kamers, kamp kan 14 mense slaap. Beskik oor kombuis, leefarea, boma en braai area, stoorkamer, waskamer, werkswinkel, slag- en verkoelingsfasiliteite.
4 Werkershuise.
Read more...