Die plaas is 2578ha groot en bestaan uit goed opgepasde bossieveld en opslag, wat deur oordeelkundige bestuur in uitstekende toestand gehou word.
Geleë 50km noordwes van Sutherland, bied hierdie eiendom 'n unieke geleentheid vir diegene wat 'n rustige lewe in die Karoo wil geniet.
Dit is verdeel in 6 groot kampe en 1 kleiner kampie rondom die hoofhuis. Alle oppervlaktes van die kampe is beskikbaar indien nodig.
Van die 6 boorgate op die plaas is 3 toegerus met windpompe, 1 met 'n son pomp, en 2 wat nie toegerus is nie.
Daar is drie sementdamme wat strategies oor die plaas versprei is en word. Elke kamp het 'n water krip wat die diere van water voorsien, asook toegang tot fonteine en grond dammetjies.
Ongeveer 1 kilometer vanaf die woonhuis is `n lang reguit gruis gedeelte wat ideaal
is om omskep te word in `n vliegveld. Die plaas se ligging bied `n veiligheids voordeel deurdat dit weg van die grootpad geleë is en ook slegs een toegangsroete het.
Die hoof plaashuis het 4 slaapkamers, een badkamer met bad, aparte toilet.
Ruim sonkamer, sitkamer en eetkamer met buitegeboue, en 'n arbeidershuis. Al die geboue het 'n bietjie TLC en opknapping nodig.
Die huis is toegerus met Eskom-krag en het selfoon sein.
Daar is 'n groot tuin vir vrugte en groente, en die potensiaal bestaan om 'n paar hektaar lande te ontwikkel van ongeveer 2 hektaar. Die grondbewaring dam kan herstel word om 'n groot opvangdam te skep.
Die plaas het 'n praktiese kraal vir die hantering van kleinvee. Die plante groei wat natuurlik voorkom is: skaapbos, kapokbos, perdebos, met groot verskeidenheid veldblomme en veld opslag. Hoër op in die berge kry jy meer Roggeveld tipe weiding.
Ongelooflike mooi ou klipkrale en murasies dra by tot die plaas se unieke karakter waar jou droom kliphuis weer gebou kan word met al die klip wat daar byderhand is.
Die een ou klip murasie is daar 'n paar peerbome naby ‘n fontein en ‘n boorgat, dit neem jou terug na die sorgvrye oudae.
Read more...