Binneplaas met groot plaaswoning, buitegeboue en veehanteringsfasiliteite. Die plaas is opgedeel in 5 weikampe met voldoende suipings. 1 groot gedeelte is wildwerend toegespan en die res veewerend.
Die plaas is 'n gelykplaas met groot verskeidenheid bosveld bome, soos Kameeldoring, Vaderlandswilg, Witstinkhout, Vaalbos, Krinkhout en veral groot Apiesdoringbome.
Wild: Koedoes, Njalas, Waterbokke, Bosbokke, Kleinwild en Vlakvarke.
Water: 1 sterk toegeruste boorgat met solarpomp en 1 nie-toegeruste boorgat.
Krag: Volledige solarstelsel - totaal OFF GRID.
Huis: 400 vkm plaaswoning met 4 slaapkamers en 2.5 badkamers, 2 sitkamers, eetkamer, kombuis, lapa en enkelgarage van 49 vkm wat die sonkragstelsel akkomodeer. 2 Werkershuise.
Store: Groot stoor van 450 vkm, tweede stoor van 49
vkm.
Veehantering: Skaapkrale en ou beeskrale.
Read more...