13 Hektaar prag plot te koop in 'n gesogte area van Potchefstroom!
13 Hektaar klein hoewe met n groot hoof huis, en drie verhuurbare eenhede wat bestaan uit twee meenthuise en een woonstel.
Die plot bied plus minus 10 hektaar bewerkbare lande wat bestaan uit ou en gevestigde lusern. 8.5 Hektaar is onder ingelyste besproeiing en die oorblywende lande word bedien uit n boorgat met n huidige kapasiteit van 5600L per uur.
Verder is daar 'n groot implement en voer stoor wat uitloop na gevestigde vee hanterings geriewe asook n skaap of bees voerkraal.
Hierdie plot is gelee 7 km vanaf die Mooirivier Mall in die Modderdam area.
Vir besigtiging kontak AJ du Plessis van Brocor Eiendomme.