Hierdie pragtige erf in Kranspoort is te koop in een van die mooiste gedeeltes in Kranspoort. Die erf is aangrensend tot 'n groenstrook area en redelik plat sodat u met gemak 'n eenvlak woning op hierdie erf sal kan bou. Erwe is Kranspoort is uiters skaars en daar is net 'n handjievol erwe wat nou herverkoop word. Die erf het ook reeds goedgekeurde argiteksplanne wat u van die eienaar kan oorkoop teen 'n fraksie van die koste. Hierdie is 'n geleentheid waarop u nie wil uitmis nie. Kontak my so gou moontlik om u van hulp te wees om 'n pragtige erf in Kranspoort te besit.
Kranspoort is 'n pragtige dorp tussen Middelburg en Groblersdal op die N11 en 5km van die gewilde Loskopdam. Kranspoort bied u 'n sekuritets beheerde ingang, 9 putjie gholfbaan met klubhuis, 'n goed beheerde
Kranspoort Eienaarskomitee met reels en regulasies, 4x4 roetes en staproetes, 'n Raasblaarsaal vir groot kuiers en byeenkomste, 'n aktiewe stapgroep, markdae, jukskei, piekniekplekke, wild wat vrylik rondbeweeg en 'n besonderse voellewe. Om hierdie rede is dit te verstane dat Kranspoort nie troeteldier vriendelik is nie, en daarom nie katte of honde toelaat nie. Die inwoners van Kranspoort het hierdie leefstyl juis gekies om weg te breek van die gejaag en geraas wat bekend is met die stads en dorpslewe. Hier hou inwoners by die 30km spoedgrens terwille van ons wildslewe, en konsidireer bure mekaar waar almal verkies om in harmonie saam te leef met rus en vrede as die gemeenskaplike faktor wat almal laat uitreik na Kranspoort.
Ek sien uit om u op Kranspoort te verwelkom. Kontak my gerus.
Read more...