Hierdie besonderse mooi plat erf op die Kranspoort Gholfbaan is nou beskikbaar vir 'n eienaar wat graag 'n erf in Kranspoort wil besit. Die erf is 3669 vierkante meter en het reeds planne oor die erf wat goedgekeur is indien u dit wil oorkoop by die eienaar teen 'n fraksie van die koste. U kan natuurlik u eie planne ook laat optrek en goedkeur en is geensins verplig op die huidige bestaande goedgekeurde planne te gebruik nie. Op hierdie erf kan u vir u 'n lieflike woonhuis bou, in die bos, privaat en in 'n stil area.
Kranspoort is 'n pragtige dorp tussen Middelburg en Groblersdal op die N11 en 5km van die gewilde Loskopdam. Kranspoort bied u 'n sekuritets beheerde ingang, 9 putjie gholfbaan met klubhuis, 'n goed beheerde Kranspoort Eienaarskomitee met reels en regulasies, 4x4
roetes en staproetes, 'n Raasblaarsaal vir groot kuiers en byeenkomste, 'n aktiewe stapgroep, markdae, jukskei, piekniekplekke, wild wat vrylik rondbeweeg en 'n besonderse voellewe. Om hierdie rede is dit te verstane dat Kranspoort nie troeteldier vriendelik is nie, en daarom nie katte of honde toelaat nie. Die inwoners van Kranspoort het hierdie leefstyl juis gekies om weg te breek van die gejaag en geraas wat bekend is met die stads en dorpslewe. Hier hou inwoners by die 30km spoedgrens terwille van ons wildslewe, en konsidireer bure mekaar waar almal verkies om in harmonie saam te leef met rus en vrede as die gemeenskaplike faktor wat almal laat uitreik na Kranspoort.
Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie eiendom vir u te wys.
Read more...