Hierdie pragtige erf op die Kranspoort Gholfbaan is te koop. Die prys is ONDERHANDELBAAR en elke redelike offer sal oorweeg word. Die erf kyk uit oor 'n pragtige groenstrook area, die gholfbaan en berg uitsig. Daar is reeds geboor vir 'n boorgat op hierdie erf en die grense van die erf is reeds deur 'n Landmeter uitgemerk. Die ligging is perfek, die plat erf 'n bonus en u sal verseker 'n lieflike huis op hierdie groot erf kan kom bou. Die omgewing is besonders en rus en vrede is gewaarborg in hierdie pragtige omgewing met sy imposante Maroela en Vaalbome. Daar is ook reeds 'n paar pragtige inheemse bome geplant op hierdie erf.
Kranspoort is enig en uniek in soort en die Kranspoort leefstyl word al hoe meer gewild. Kranspoort is bekend vir sy veiligheid, vriendelike mense, rustige
omgewing en goeie instandhouding en beheer deur die Kranspoort Eienaars Komitee. Kranspoort is beslis 'n plek waar mens kan asem haal en ontspan, weg van die dolle gejaag van die lewe buite hierdie beskermende area met wildsheining. Beheerde sekuriteitstoegang verseker dat inwoners hier veilig voel, en goeie instandhouding en beheer maak die lewe in Kranspoort absoluut gemaklik, Kranspoort bied u soveel meer as net 'n beskermende woongebied. Met die 9 putjie gholfbaan, jukskei bane, markdae, 4x4 roetes en staproetes, voeluitkyk punt en piekniek plekke sowel as speelplek vir kinders en braaigeriewe by die Raasblaar saal, is hier meer as genoeg om te doen. Kinders kan hier, sonder bekommernis van ouerkant, die bos gaan verken en op hul fietse klim en die dorp invaar.
Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie erf te kom besoek.
Read more...