Met Sables en Sprinbokkies, Zebras en vlakvarke in die omgewing gaan jy verseker 'n huis met 'n groot stoep hier kan bou. Dier erf se grootte maak hom ideaal vir 'n ruim moderne oopplan tipe woning sonder trappe met alles op een vlak.
Kranspoort is enig en uniek in soort en die Kranspoort leefstyl word al hoe meer gewild. Kranspoort is bekend vir sy veiligheid, vriendelike mense, rustige omgewing en goeie instandhouding en beheer deur die Kranspoort Eienaars Komitee. Kranspoort is beslis 'n plek waar mens kan asem haal en ontspan, weg van die dolle gejaag van die lewe buite hierdie beskermende area met wildsheining. Beheerde sekuriteitstoegang verseker dat inwoners hier veilig voel, en goeie instandhouding en beheer maak die lewe in Kranspoort absoluut gemaklik, Kranspoort bied u
soveel meer as net 'n beskermende woongebied. Met die 9 putjie gholfbaan, jukskei bane, markdae, 4x4 roetes en staproetes, voeluitkyk punt en piekniek plekke sowel as speelplek vir kinders en braaigeriewe by die Raasblaar saal, is hier meer as genoeg om te doen. Kinders kan hier, sonder bekommernis van ouerkant, die bos gaan verken en op hul fietse klim en die dorp invaar.
Kontak my gerus vir 'n afspraak om hierdie erf te kom bekyk.
Read more...