'n Pragtige erf omring deur ‘n plaasatmosfeer in ‘n pekaneutboord met verskeie klein wild en ryk voëllewe. Loopafstand vanaf die rivier, openbare pienkniek & visvang, spa, oewerpark, restaurant, hotel. Woon-1 sonering. Voorgeskrewe boustyl (vereistes by kantoor beskikbaar)
Verblyfsreg in Orania 'n vereiste. Kontak ons vandag nog.